Kuberboelie DIE MODERNE 'SPEELGROND' VAN VERWOESTING
Kuberboelie is die gebruik van tegnologie soos verskeie sosiale media wat emosionele skade aan ‘n individu aan te rig. Skoolboelies, sowel as boelies oor die algemeen is so oud soos tyd self, maar as gevolg van die onstaan van sosiale netwerke het ‘n nuwe generasie boelies onstaan die “KUBERBOELIE”.
Kuberboelie word dikwels beskou as die moderne ‘speelgrond’ van verwoesting. Soos op ‘n speelgrond word en mag kinders of mense nie geforseer word om deel te neem aan aktiwiteite of saam ‘n organisasie te vorm soos ‘n “social click” waaraan hulle nie wil behoort nie. Mense hul self bloot vir kommentaar as die persoon nie deel neem aan die aktiwiteite nie. Hierdie kommentaar breek leerders se selfbeeld af. So kan kuberboelie ook vergelyk word met die ou tydse speelgrond , maar in die geval is die “internet” die speelgrond en “sosiale netwerke” die organisasies en aktiwiteite waaraan die mense behoort . Waneer mense aan hierdie sosiale netwerke behoort en hul persoonlike inlifgting deel op die wereldwye web word hulle in die kollig gestel . Dan is hulle soms oop vir onnodige slegte komentaar wat lei tot ‘n slegte selfbeeld,asook ‘n verlies van hul selfrespek.
Boelies verwoes kinders se lewens al vir dekades lank. Ek dink dit sal ongelukkig nog vir eeue in die toekoms ook so wees . Seuns wat as boelies geetikieteer word, word geassosieer met fisiese gweld. Meisies se wapen is weer die tong van kwaad. Sedert die gebruik van sosiale netwerke global gemaak is het mens dit nie gebruik vir die doel waarvoor dit eintlik geskep is nie, maar eeder om mekaar af te breek. Kuberboelie los nie ‘n fisiese letsel nie , maar ‘n diep gegrafeerde emosionele merk in die individu wat geboelie word se selfbeeld. Kinders se ouers en voog kan nie dadelik agter as hul kind ‘n slagoffer is van kuberboelie nie.’n Studie deur ABC News in 2006 het gewys 58% van leerders het gese hulle is of was ‘n slagoffer van kuberboelie, maar hulle het nooit vir hulp by hul ouers gevra nie.
‘n Grap op sosiale netwerke met die doel om vir die indvidu wat die grap gemaak het, sowel as die individu teenoor wie die grap gemaak is veronderstel om snaaks te wees kan later verander in ‘n traumatiese ervaring. Kuberboelie word beskou as ‘n veel erger vorm van boelie as wat gewone boelie (fisiese afknou) of skinder beskou word, want dit kan veel meer kommentaar ontlok teenoor jou as person wat geboelie word. Iemand kan iets slegs skryf van jou en selfs mense wat jou nie eers ken nie kan sonder min moeite sien watter slegte goed daar van jou geskryf word en daarop kommentaar lewer.
Mense wat ‘n kuberboelie is breek ook die Suid-Afrikaanse se Handves van Menseregte op Menswaardigheid. Deur iemand minderwaardig te behandel deur aksies of woorde, beskou jy jouself as hoer en jy ontken die ander persoon se menswees en belangrikheid in die samelewing. Wanneer jy die Handves Van Menseregte oortree, oortree jy ook een van ons land se wette. Daar is gevalle waar kinders al gearresteer was vir kuberafknoeiery en die gevolg was gemeenskaps dienslewering.
As iemand sy selfrespek veloor, het hy of sy later byna geen respek vir die mense rondom hom of haar nie.Dit maak dit ook moeilik vir die slagoffer om mense te vertrou,want gewoonlik dink die persoon wat die slagoffer is dat die boelie sy vriend is. Hulle besef nie dat die boelie hom net wil gebruik as ‘n “slaansak” of “grap “ nie . Die individu wat ‘n slagoffer is van kuberboelie word terug getrokke ,want hy wil nie meer in die kollig wees na slegte kommentaar wat gelewer is nie. In sommige gevalle, gewoonlik by tieners is daar ‘n moontlikheid dat dit kan lei tot die misbruik van middels soos dwelms en drank as ‘n hanteringsmeganisme. Daar is ook baie erger gevalle waar kinders die vernederde sosiale pyn wat hulle ervaar omskakel in fisise pyn deur hulle self te sny , wat kan lei tot selfmoord. Kuberboelie is dus een van die mees algemeenste oorsake wat kan lei tot selfmoord.
Mens dink die slagoffers van hierde modrene speelgrond vewoesting is gewoonlik die kinders wat gewoonlik as stil voorkom ,maar dit is verkeerd . As gevolg van die toename in die gebruik van tegnlogie, het kuberboelie baie vinning baie algemeen geword, veral onder tieners. Die bewustheid van kuberboelies het ook as gevolg van die hoe selfmoordyfer.