Stop Dit Nou Se Mikpunte
Ons streef daarna om tieners se lewens te help verlig van onnodige sosiale druk en kuberboelie. Ons kan nie die probleme self op los nie ,maar ons kan wel die raad gee wat nodig is sodat kinders hierdie onsmaaklike situasies kan vermy. Ons glo by "Stop Dit Nou " , wat jy doen aan ander, gaan eendag na jou terug kom. Dus het ons waardes nodig om ons op die regte pad te hou. Ons beskou die twee belangrikste waardes as RESPEK en LOJALITEIT. As jy hierdie waardes toepas in jou lewe glo ons jy kan die slegte tye in jou lewe oorwin deurdat jy respek en lojaliteit teenoor jou familie en vriende toon.